Sit Kêrels

Sit Kêrels

Adam Tas se musiek het ‘n les te leer en met die nuwe liedjies op Sit Kêrels is dit ook nie anders nie. Die musiekstyl wissel van rock, blues, folk en selfs gospel. Adam weet hoe om stories met slim lirieke te vertel. Sy diep stem voer jou weg en jy voel sommer tuis wanneer jy daarna luister. Van die liedjies, soos “Die Here se Koms” wat aan sy ma opgedra is, delf diep en daar is ‘n duet, “Ek is Ryk”, met die sangeres Stella. So tussen die ernstige liedjies is daar ook lirieke wat jou lagspiere sal prikkel. Die album is aangename luistertyd en beslis ‘n aanwins vir Adam se aanhangers.

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada