Die Lot

Die Lot

"Ons moet versigtig wees vir al die goed waarvoor ons nee sê in die lewe. Partykeer gee ons te maklik op en weet dan nie wat of hoe dit sou wees nie" vertel Riaan oor sy nuwe Die Lotalbum. "It's a life lesson" en Riaan sê aan Apple Music dat jy eintlik self jou lot bepaal en dit gaan oor keuses en besluite, net soos met die liedjies wat nou op die album verskyn. Vir sy bewonderaars gee Riaan die wyse woorde: "Dink aan die verlede, droom oor die toekoms en geniet die hede". “Stoom” "'Stoom' herinner mense om hulle verhoudings en huwelike interessant te hou. Hulle moet goed vind wat dit laat stoom" en Riaan sê verder aan Apple Music "dis nie altyd net sensueel nie" en verwys toe na die lirieke aan die einde van stoom "ons kan klippe kou, maar ek weet ons sal hou, solank ons stoom". “Leuenaar” Riaan verduidelik aan Apple Music dat "partykeer doen mense goed wat negatief gesien kan word om lief te hê, byvoorbeeld as jou vrou jou vra of sy vet is en jy jok en sê nee, en jy weet dis eintlik 'n leuen. People do (say) things because they love one another en partykeer is ons 'n slegte weergawe van ons self om iemand anders te beskerm of geliefd te laat voel". Hy sê die liedjie gaan daaroor dat jy nie die waarheid kan praat nie "want jy wil iemand die seer spaar van die feite. Jy jok vir vrede". “Boksemdais” "My Pa het my en my broers sy boksemdaise genoem" vertel Riaan en hy sê hy moes gaan oplees oor waar dit vandaan kom. Dit kom van die straat dobbelaars af wat met 'n boks en dice gespeel het en as op 'n goeie aand alles wen "dan het jy die boks en dice huistoe gevat en toe word dit in Afrikaans boksemdais".Hy sê die liedjie gaan "oor jou partner wat kan sien dinge is nie altyd perfek nie, en dit gaan partykeer swaar". Hy verduidelik aan Apple Music dat in die koor deel maak dit meer sin: "ek het nie geld nie maar ek het my hande en my hande sal sukkel om jou vas te hou" en "dit gaan gaan taai, maar volgens my het ek die boksemdais gewen om jou te kan hê". “Bosveldterapie” "Ek en Melissa (sy vrou) het die song geskryf en dit gaan oor hoe 'n man vir sy vrou probeer verduidelik hoekom mans so baie wil Bosveld toe gaan" en Riaan sê die storie gaan oor "hoe hulle by 'n plek inboek sodat hy vir haar kan laat verstaan wat hy bedoel as hy bosveldterapie gaan soek". “Ken Jy Die Land” Apple Music hoor by Riaan dat die 'n ou FAK liedjie is en "was oorspronklik 'n wals gewees en my Pa (sanger Franna Benadé) het met die konsep opgekom en vir my gesê hy hoor die song in 'n 4/4 ritme". Hy en en sy Pa het op die stoep besluit dat hulle die liedjie saam sal sing. "Die song is vir enige Suid-Afrikaner wat 'n bietjie patriotisme in hulle hart oor het" vertel Riaan. Riaan sê die beste manier om die liedjie te verduidelik is "almal ken hierdie land, maar ken jy hierdie land?" en hy sê omdat sy Pa saam sing is "dit 'n special song en lê na aan my hart". “Vertrou My” "Dis die tipe woorde wat jy vir 'n baie goeie pêl sal sê" vertel Riaan aan Apple Music. "Dis ok om vir jou vriend te sê dit gaan nie so swaar as ek jou help dra nie" en "wie is daar in die moeilike tye" vir jou vriende. Riaan noem ook dat hy sy vriende nader getrek om saam op die liedjie te sing. “Die Lot” "Ons weet nooit hoe iets sal uitdraai as jy nie deel is van dit nie" sê Riaan aan Apple Music en verwys verder na 'n verhouding waar altwee partye besluit om in die verhouding te bly, maar "daar is 'n paar goed wat reggestel kan word as dit so kon wees, as die lot dit so wou hê". En Riaan meen jy bepaal self jou lot en die uitkoms deur jou keuses. “Hemel & Hel” Riaan het die liedjie "saam met Demi (Lee Moore) gesing. Dis 'n baie eenvoudige konsep. Daar is nie een persoon wat met eerlikheid in hulle hart vir my kan sê dat hulle partner nog nie hulle hemel was nie of nog nie hulle hel was nie" en Riaan sê "ons gaan deur hemel en hel saam met mekaar en dis fine". Hy verwys na die tong-in-die-kies lirieke waar hulle sing van hoe paartjies mekaar se klere aantrek "en partykeer raak jy gatvol vir iemand wat dink hulle kan net jou flippen t-shirts uit die kas uit haal en dit dra" het Riaan skertsend aan Apple Music gesê. “Myne” Apple Music hoor by Riaan dat die een van sy eerste liedjies is wat hy geskryf het en goed op die Die Lot album pas: "dis net 'n fun loving tune... Elke bout kort 'n moer, jy lyk soos myne" en lag, want sê dit kan dubbelsinnig opgeneem word maar dis nie so bedoel nie. "Dis eintlik net light-hearted-and-funny". “Lucky Strike” "Die is die liedjie wat ek geskryf het en heel eerste aan Arnold en Paulo (van Coleske Artists Management) in die studio gespeel het die dag wat ek hulle ontmoet het" en Riaan vertel verder vir Apple Music dat dit die deurbraak was vir sy kontrak as liedjieskrywer, en dit het gelei tot sy eerste album en nou die nuwe vrystelling Die Lot.

Music Videos

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada