Gemaklik Verlore

Gemaklik Verlore

Christia beskryf die styl van haar debuut-album as pop en indie-pop, maar het aan Apple Music gesê sy hou van ’n wye verskeidenheid musiek. Met die keuse van die liedjies vir die album, het sy haarself gevra: ”Does it touch me in some way? Sit dit my liggies aan? En as dit my liggies aansit, then we go with it". Die meeste van die skepwerk is tydens die grendeltyd gedoen, so daar was dus tyd om te sit en skryf. Daar was geen werksessies nie, maar 'n paar apps is gebruik om dit te probeer meng en alles saam te stel. Christia reken dit het eintlik eers regtig vir haar bymekaar gekom toe sy toestemming gekry het om in die ateljee te gaan opneem. “Ek het al die Afrikaanse liedjies geskryf en ons het twee Engelse liedjies opgeneem,” sê sy. Die tien liedjies is vir haar baie spesiaal en vertel in sy geheel ’n storie. “Ek wou gehad het dat elke liewe liedjie op die album spesiaal moet wees en ’n impak hê. Ek dink ons het dit reggekry.” Christia deel snit-vir-snit Gemaklik Verlore se stories met Apple Music. 1. Wildste Oomblik “Dit gaan daaroor dat jy op enige gegewe oomblik in jou lewe op die randjie van jou wildste oomblik kan staan en dis jy wat die besluit moet neem om te val of te vlieg. Dit gaan oor die opwinding van die volgende oomblik en ek dink die album is beslis vir my ’n wildste oomblik in my lewe. Dis ’n stukkie van my hart en my lewe wat ek op papier gesit het.” 2. Ek is Net 'n Mens "Dis eintlik so bietjie van ’n kap na celebrity status, veral in hierdie tye. Lockdown het gebeur en ek het al hierdie mense gekry wat boodskappe van inspirasie van my gesoek het en ek moet vir hulle sê dat dit OK gaan wees, maar in my hart weet ék nie eens of dit regtig OK gaan wees nie. Die liedjie gaan daaroor dat ek net ’n mens is en ek sal help waar ek kan, maar I can‘t be your saviour.” 3. 17 Shots "Ons almal het iets wat ons as ’n kruk gebruik. Party mense gebruik social media. Daar is verskeie dinge wat jy gebruik om ontslae te raak van jou probleme, but it doesn’t fix the problem. You actually have to be hands-on.” 4. Gemaklik Verlore "Dit gaan nie oor ‘n abusive relationship nie, maar ‘n cheating relationship. Dit gaan daaroor dat die persoon alles wil afskakel, al hulle sintuie wil afskakel. Ek wil nie sien nie, ek wil nie hoor nie, ek wil nie proe nie, ek wil nie voel nie, want as ek dit kan doen, as ek alles van my kan afskakel, kan ek weer glo dat jy lief is vir my. Maar die problem daarmee is - dan bestaan ék nie meer nie. So dis hierdie internal fight of really loving someone, but knowing that they're bad for you.” 5. All I Wanna Do is Make Love To You "My pa het my as jong meisie aan musiek voorgestel en ek het baie van hierdie soort musiek geluister. Heart is vir my ’n incredible band en spesifiek hierdie liedjie. Baie mense luister dit sonder om na die lirieke te luister. Dit is diep en het ’n ongelukkige storie and I just had to sing it.” 6. Kaal Voor Jou "Ek het die liedjie vir my verloofde geskryf en ek sou by ons troue hierop inloop, maar toe gebeur lockdown en ons kon nie trou nie. Die liedjie is spesifiek vir hom en gaan oor ons verhouding. Dit is nie dat ek fisies kaal voor hom is nie, maar eerder dat hy die Christia sien wat die res van die wêreld nie sien nie. Ek is weerloos voor jou, and you are the only person that will be that person for me.” 7. Die Deur "Hierdie een gaan beslis oor 'n toxic abusive verhouding. Dit gaan daaroor dat die ander persoon die deur oopgelos het vir monsters en goeters om in die verhouding te kom. Ek dink wat baie mense vergeet, is dat jou verhouding sacred is. Jy moet dit beskerm. Die wêreld het nie 'n plek in jou verhouding nie. Wat gereeld gebeur is dat een persoon in die verhouding die deur oopmaak en al hierdie monsters en slegte goed van die buitewêreld kom in. En dit is waar ontrouheid en al daardie dinge begin gebeur; dinge soos emotional abuse. En ja, die liedjie gaan oor die feit dat jy dan ’n keuse moet maak. Bly jy of gaan jy?” 8. Stukkie vir Stukkie "Dit gaan oor ’n anxiety attack en hoe jy of ek met onsself redeneer, want aan die een kant haat ek myself en aan die ander kant is ek lief vir myself and I am not quite sure which side to believe. And that's where the anxiety really pops up, and that's where I try to hold myself together. Stukkie vir stukkie.” 9. Ons Maak Saak "Ons het almal ’n stem. Net omdat ons jonk is, beteken dit nie ons is dom nie. Ons het ’n stem en ons kan dit gebruik". 10. China In Your Hand "T'Pau was altyd een van my pa se favourites. Ons het aande deurgesit en musiek geluister en gesing. Aan die einde van die aand het hy gewoonlik vir my T'Pau gespeel en spesifiek hierdie liedjie. Ek het groot drome gehad om 'n superster te word en ek is baie, baie dankbaar dat ek my drome kan uitleef. Hy het altyd my hand gevat en in my oë gekyk en gesê: ‘Wees versigtig waarvoor jy droom’.”

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada